Sondag 3 November 2024 Stephan Briel
MP3•एपिसोड होम
Manage episode 448306338 series 2644201
Gereformeerde kerk Bergbron द्वारा प्रदान की गई सामग्री. एपिसोड, ग्राफिक्स और पॉडकास्ट विवरण सहित सभी पॉडकास्ट सामग्री Gereformeerde kerk Bergbron या उनके पॉडकास्ट प्लेटफ़ॉर्म पार्टनर द्वारा सीधे अपलोड और प्रदान की जाती है। यदि आपको लगता है कि कोई आपकी अनुमति के बिना आपके कॉपीराइट किए गए कार्य का उपयोग कर रहा है, तो आप यहां बताई गई प्रक्रिया का पालन कर सकते हैं https://hi.player.fm/legal।
Lees: Job 2: 1-13.
Fokus: Job 2: 4 (AFR53).
Satan se leuen: Die lewe op aarde is alles.
- Die lewe is iets diepers en groter as ervarings self.
- Satan beskuldig: Die mens sal enigiets gee net om te bly asemhaal want hierdie lewe is al wat daar is.
- Materialisme, kommunisme en humanisme gebou op hierdie leuen.
- Volgens Job kan God se seën ook pynvolle dinge insluit (vers 10). Hy kom tot so ‘n uitspraak omdat hy sy aandag vestig op die opstanding en ewige lewe (Job 19: 25-27).
- Deur ons geloof in Christus is ons God se kinders en erfgename van die ewige lewe (Joh 3: 16).
- Jy is geskep vir die ewigheid en hierdie lewe is jou voorbereiding op die ewigheid om soos Christus te word (Ef 4: 15).
- Dit is reeds baie keer veral in teenspoed wat ons die meeste groei om die karakter van Jesus te vertoon (Rom 5: 3-5).
Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:
- Verduidelik die leuen wat Satan in Job 2:4 verkondig.
- Hoe reageer Job op hierdie leuen van Satan? (Job 2:10, 19:25-27)
- Wat is die doel van ons lewe op aarde? (Ef 1:4 en Ef 4:15)
- Kan God se seën ook pynvolle ervarings insluit? (vgl Rom 5:3-5)
285 एपिसोडस