Sondag 27 Oktober 2024 Stephan Briel
MP3•एपिसोड होम
Manage episode 447168059 series 2644201
Gereformeerde kerk Bergbron द्वारा प्रदान की गई सामग्री. एपिसोड, ग्राफिक्स और पॉडकास्ट विवरण सहित सभी पॉडकास्ट सामग्री Gereformeerde kerk Bergbron या उनके पॉडकास्ट प्लेटफ़ॉर्म पार्टनर द्वारा सीधे अपलोड और प्रदान की जाती है। यदि आपको लगता है कि कोई आपकी अनुमति के बिना आपके कॉपीराइट किए गए कार्य का उपयोग कर रहा है, तो आप यहां बताई गई प्रक्रिया का पालन कर सकते हैं https://hi.player.fm/legal।
Lees: Job 1: 1-22.
Fokus: Job 1: 9-11 (AFR53).
Satan se leuen: God word slegs gedien vir wat Hy kan gee.
- Satan se leuen suggereer: God is in Homself nie waardig om gedien te word nie.
- Uitstaande kenmerke van Satan (v 6-12): hy is sinies, arrogant en smalend-beledigend.
- Satan suggereer: Dit kom slegs voor dat mense God dien, maar eintlik gaan dit om hulleself vir die tydelike belonings wat God hulle kan gee. Dit is nie God se verhewe eienskappe wat hulle lojaliteit uitlok nie.
- Kenmerke van God (v 6-12): Hy is trots op sy kinders, liefdevol en soewerein.
- In Jesus Christus het die eienskappe van Wie God is (soos deur die Skrif beskryf), prakties en sigbaar gestalte gekry.
- Satan se leuen suggereer: Geloof bestaan eintlik nie.
- Satan suggereer dat vertroue word gebou op sien alleen. Geloof bestaan eintlik nie.
- As opregte gelowige het Job in tye van voorspoed as volg gereageer: “Hy was vroom en opreg en het God gedien en die kwaad vermy” (v 1). Hy was ook duidelik die geestelike leier van sy gesin (v 5).
- In ‘n tyd van die grootste teenspoed, het Job as volg gereageer: hy rig sy oë op God (v 20), hy kyk na binne (v 21a), hy kyk verder as wat die oog kan sien (v 21b).
- Die realiteit van Jesus Christus maak dit vir ons moontlik om God te vertrou te midde van die storms van die lewe.
Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:
- Hoekom is die beheer van ons denke so belangrik en watter strategie gebruik Satan om ons denke te beheer?
- Verduidelik die leuen wat Satan in Job 1: 9-11 verkondig.
- Wat is die rede waarom jy God lief het en Hom dien?
- Wat beteken geloof? (vgl Heb 11: 1)
- Hoe reageer gelowiges in tye van teenspoed?
285 एपिसोडस