Strome van Seẽn
Manage episode 448584041 series 3072738
Johannes 7:37-39 “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink! Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei.” Hiermee het Hy na die Gees verwys, want die mense wat tot geloof in Hom kom, sou die Gees ontvang. Die Gees was nog nie uitgestort nie, omdat Jesus toe nog nie verheerlik was nie.
Was jy al ooit tot oorlopens toe vol vreugde? Die soort wat nie weggaan in tye van moeilikheid nie? Ek praat van soveel vreugde dat jy selfs wanneer jy swaarkry, wil sing. Miskien wonder jy … hoe kan ek in tye van moeilikheid vreugde hê? Dis onmoontlik! Wag! Moenie weggaan nie.
Ek weet dit klink onlogies, maar die bittersoet ervaring van vreugde wanneer jy in die moeilikheid is, is regtig ‘n wonderlike ding. Almal sal jou vertel dat mense in moeilike tye, veronderstel is om morbied en somber te voel, nie waar nie? Ons gesonde verstand vertel ons dit ook. En tog hoef dit nie so te wees nie.
Tydens 'n groot fees in Jerusalem het Jesus opgestaan en vir die skare gesê:
Johannes 7: 37 -39 “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink! Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei. ” Hiermee het Hy na die Gees verwys, want die mense wat tot geloof in Hom kom, sou die Gees ontvang. Die Gees was nog nie uitgestort nie, omdat Jesus toe nog nie verheerlik was nie.
Ja-nee, geen wonder dat die godsdienstige leiers Hom wou doodmaak nie – Hy het in werklikheid beweer dat Hy God is en dit was vir hulle absoluut ‘n valse leer. Maar toe vertel Jesus hulle nog boonop dat sy Heilige Gees dié wat in Hom glo, sal vul met 'n vloedgolf van seën. Nie net een rivier nie – nie net ’n Jordaan of ‘n Eufraat, ’n Nyl of ’n Amasone nie – maar riviere van lewende water!
Die Heilige Gees. God self stroom in jou hart in. Maar weet jy, soos die dorstiges na Jesus gekom het om te drink; vloei sy Gees deur ons na ander mense uit, want ons kan dít wat Hy vir ons gee, nie keer nie. Riviere! Pure vreugde. 'n Vloedgolf van seën. Dis wat Jesus vir jou het.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
1379 एपिसोडस